Die volmaakte kitshappie om saam met vriende en familie te geniet.

Lewer 20

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

250 ml (1 k) bruismeel

250 ml (1 k) keker-ertjiemeel

10 ml (2 t) bakpoeier

10 ml (2 t) borrie

10 ml (2 t) kerriemasala

1 ui, fyn gekap

1 murgpampoentjie, gerasper

1 eier

sout en vars gemaalde swartpeper

250 ml (1 k) water

olie vir diepbraai

  1. Gooi die meel, keker-ertjiemeel, bakpoeier, speserye, ui en murgpampoentjie in ’n groot bak.
  2. Voeg die eier by en geur na smaak. Giet die water in en roer tot goed gemeng.
  3. Verhit olie in ’n pot en laat val versigtig lepels vol van die beslagmengsel daarin. Braai 3 min. of tot deurgaar.