Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 min

Gaarmaak: 10 min

30 ml (2 e) olie

500 g biefmaalvleis

3 knoffelhuisies, gekap

3 cm gemmer, gekap

2 rooi brandrissies, in skywe gesny

15 ml (1 e) bruinsuiker

5 ml (1 t) vissous

gem-blaarslaai, in blare geskei, en slaaisous vir voorsit

Verhit die olie in ’n braaipan oor hoë hitte en braai die maalvleis 5 minute terwyl jy roer om die klonte op te breek.

Roer die knoffel, gemmer, brandrissies en suiker in en kook 3 minute. Voeg die vissous by en skakel die hitte af.

Skep die gaar maalvleis op die slaaiblare, bedruip met ’n bietjie slaaisous, rol op en eet dadelik.