DEEG

1 rol filodeeg

45 ml (3 e) botter, gesmelt

VULSEL

500 g botterskorsie, gaar en in blokkies gesny

100 g mozzarellakaas, in blokkies gesny

5 ml (1 t) komyn

125 ml (½ k) koljanderblare, gekap (en ekstra)

sout en peper

Verhit die oond tot 230 °C.

  1. DEEG Sny die deeg in lang stroke van 8 cm breed.
  2. Plak 2 velle op mekaar met die gesmelte botter.
  3. VULSEL Meng al die vulselbestanddele.
  4. Plaas ’n lepel vol vulsel op die punte van elke deegstrook en vou in ’n samoesa.
  5. Verf die samoesas met botter en pak op ’n bakplaat.
  6. Oondbraai 10 minute, draai om en braai tot goudbruin.
  7. Sit voor met brandrissiesous.