1 klein botterskorsie, geskil en in  blokkies gesnywenk:

2 rooiuie, in kwarte gesny

45 ml olyfolie

sout en vars gemaalde swartpeper

800 g klaarbereide brooddeeg

1 sakkie (125 g) tamatiepesto

400 g fetakaas, in blokkies gesny

50 ml dennepitte

Voorverhit die oond tot 230 °C.

Smeer 2 bakplate en bestrooi liggies met meel.

Pak die botterskorsieblokkies en uiekwarte op ’n bakplaat en sprinkel die olie oor.

Geur met sout en peper en rooster 20 minute tot bruin en amper gaar.

Hou eenkant.

Knie die deeg af en verdeel dit in 2 vir groot terte of 8 vir individuele tertjies.

Druk die deegstukke plat en vorm dit in sirkels, ovale of vierkante volgens keuse.

Die buiterand moet dikker as die middel wees.

Plaas die deeg vorme op die ander bakplaat en smeer die tamatiepesto oor.

Verdeel die botterskorsies en uie tussen die deeg.

Sprinkel die feta en pitte oor.

Bak so 12 minute tot die kors goudbruin is.

Garneer met tiemie en sit warm voor.

WENK: Sit die tertjies saam met ‘n groenslaai van roketblare voor.