GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 30-35 min.

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) olie

100 g tamatiepasta

500 g maer beesmaalvleis

1 x 410 g-blik gekapte tamaties

30 ml (2 e) suiker

sout en vars gemaalde swartpeper

125 g filodeeg

15 ml (1 e) botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Braai die ui en knoffel in die verhitte olie tot goudbruin.
  2. Voeg die tamatiepasta by en roerbraai ’n paar sekondes.
  3. Voeg die beesmaalvleis by en roerbraai 5 min.
  4. Roer die gekapte tamaties by en laat 10 min. prut.
  5. Geur na smaak met die suiker, sout en vars gemaalde peper.
  6. Skep die maalvleismengsel in vier klein oondbakkies of een groot oondbak.
  7. Breek die filodeeg in stukkies, frommel op en pak styf teen mekaar bo-op die bolognese.
  8. Verf liggies met die gesmelte botter en bak 5-10 min. of tot goudbruin.
  9. Sit voor saam met ’n groenslaai.