Dit keer dat die mengsel sandsuiker word.

Lewer sowat 300 ml

Bereiding: 30 minute

Gaarmaaktyd: 15-20 minute

200 g mango, in blokkies gesny

1 ui, in blokkies gesny

125 ml (½ k) witwynasyn

250 ml (1 k) sagte bruinsuiker

2 ml (½ t) masala

3 ml (ruim ½ t) borrie

2 knoffelhuisies, fyn gekap

1 kaneelstokkie

  1. Plaas al die bestanddele in ’n glasbak geskik vir die mikrogolfoond.
  2. Mikrogolf die mengsel sowat 20 minute. Roer die mengsel elke 5 minute. As jy die blatjang te lank kook, word dit taai en stroperig. Giet ’n bietjie water by en roer tot die water in die stroop opgelos het.
  3. Skep die blatjang in ’n gesteriliseerde bottel met ’n deksel en verseël.