Genoeg vir 4

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10-15 minute

30 ml (2 e) botter

1 ui, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyn gekap

100 ml vars kruie soos grasuie en

tiemie, fyn gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

330 ml bier

500 g oopskulp-mossels

250 ml (1 k) room

  1. Verhit die botter en braai die ui en knoffel ’n minuut, roer die kruie, sout en peper by en gooi die bier by.
  2. Bring tot kookpunt, skep die mossels by en sit die deksel op.
  3. Laat kook sowat 3 minute of tot die mossels net gaar is.
  4. Skep die mossels uit en gooi die room by die biermengsel.
  5. Bring weer tot kookpunt en laat prut 5 minute of tot die sous met die helfte weggekook het.
  6. Gooi oor die mossels en sit voor met vars brood indien verkies.