Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 10 minute

Slaaisous

160 ml (2/3 k) mayonnaise

45 ml (3 e) rooiwynasyn

80 ml (1/3 k) dik room

45 ml (3 e) gekapte grasuie

sout en rooipeper na smaak

Steurgarnale

300 g skoongemaakte, gestoomde

steurgarnale met

stertjies

2 avokado’s, gehalveer en ontpit

  1. SLAAISOUS Meng al die bestanddele saam.
  2. GARNALE Rangskik die garnale in die avokado-helftes en giet die slaaisous oor.