Atjar uit ’n winkelfles en gekoopte pesto gee dit ’n uitsonderlike smaak.

Maak 8 tertjies

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

6 velle filodeeg

gesmelte botter vir bo-op verf

30-45 ml (2-3 e) koljanderpesto

6 gaar middelslag-aartappels, geskil en in skywe gesny

125 ml (½ k) lemmetjie- of mango-atjar

200 g (2 wiele) fetakaas

olyfolie

suurlemoenskywe vir voorsit

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer 8 holtes van diep muffinpanne.

  1. Verf die filodeeg met die gesmelte botter.
  2. Plaas 3 velle op mekaar en sny dit in kwarte. Herhaal. Druk in diep muffinholtes.
  3. Smeer die koljanderpesto op die boom van elke tertjie. Pak lae aartappelskywe afgewissel met die atjar en fetakaas bo-op.
  4. Bedruip met ’n bietjie olie. Bak sowat 15 minute tot ligbruin. Sit lou of koud voor saam met skyfies suurlemoen.