Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 5 minute

125 ml (½ k) mayonnaise

125 ml (½ k) Griekse jogurt

250 ml (1 k) kaas van jou keuse, gerasper

sout en vars gemaalde swartpeper

6 ciabatta-rolletjies, oopgesny (in die helfte)

250 g aspersies, geblansjeer en in die lengte gehalveer

Voorverhit die oond tot 180 °C.

1.Meng die mayonnaise, jogurt en kaas en geur met sout en peper.

2.Plaas die rolletjies op ’n bakplaat en skep ’n eetlepel vol van die kaasmengsel op elke helfte. Voeg ’n laag aspersies by en dan nog ’n eetlepel vol van die kaasmengsel.

Stel die oond op rooster en rooster die rolletjies 5 minute of tot die kaas gesmelt het. Sit voor met ’n slaai.