Is jy op soek na ’n gesonde peuselhappie? Beproef dan hierdie maklike appelskyfies.

Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 3 min.

Gaarmaak: 2 uur

3 appels, in skywe gesny en pitte verwyder

Voorverhit die oond op die waaierverstelling tot 70 °C.

1. Rangskik die appelskywe op twee bakplate en bak 1½ uur.

2. Draai die skywe om en bak nog 30 min. of tot bros. Haal uit en laat heeltemal afkoel.

Deur: Hope Malau

Foto’s: Jacques Stander