Lewer 6-8 klein stokkies

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

STOKKIES

800 g-1 kg dun boerewors

16 heel songedroogde tamaties in vinaigrette

4 baba-uitjies, in kwarte gesny

POLENTA

500 ml (2 k) water of groenteaftreksel

500 ml (2 k) melk

250 ml (1 k) polenta

2 wiele fetakaas, gekrummel

15 ml (1 e) botter

sout na smaak

  1. Stokkies Ryg die wors, tamaties en uie aan die stokkies. Braai oor kole, in ’n riffelpan of oondrooster 10 minute by 200 °C tot goudbruin en gaar.
  2. Polenta Verhit die aftreksel en melk in ’n kastrolletjie tot net voor kookpunt. Klits en giet die polenta bietjies-bietjies by. Laat prut 10 minute terwyl af en toe geroer word.
  3. Haal van die hitte af en roer die feta en botter by. Geur met die sout en sit voor saam met die stokkies.