GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 5 min.

Gaarmaaktyd: 10 min.

15 ml (1 e) olie

3 knoffelhuisies, gekap

500 g kaas-braaiworsies, in skyfies gesny

250 ml (1 k) room

15 ml (1 e) tamatiesous

5 ml (1 t) mielieblom, gemeng met 10 ml (2 t) water

sout en pas gemaalde peper

  1. Verhit die olie in ’n vlak pan en braai die knoffel tot geurig. Voeg die worsies by en roerbraai tot bruin
  2. Meng die room, tamatiesous en mielieblommengsel. Voeg by die worsies en laat stadig prut tot die sous effens verdik het.
  3. Geur met die sout en peper na smaak.
  4. Sit voor saam met vars broodrolletjies en gerasperde cheddarkaas.