Deur Sally Delve 29/08/2013

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 15 – 20 minute

Genoeg vir 8 – 10

15 ml (1 t) olie

2 uie, gekap

500 g boerewors, in happiegroottes gesny

2 x 410 g gebakte bone in tamatiesous

80 ml (? k) tamatiesous

60 ml (¼ k) worcestersous

sout en peper na smaak

VIR VOORSIT

Geroosterde brood

Gebakte eiers

  1. Braai uie tot deurskynend in ’n groot pot, voeg boerewors by en roerbraai tot gaar.
  2. Voeg gebakte bone, albei souse en sout en peper by. Laat 5 minute saggies op lae hitte kook. Sit warm voor saam met roosterbrood en gebakte eiers.