GENOEG VIR 4 MENSE

Bereiding: 10 min.

Baktyd: 40 min.

VULSEL

500 g boerewors, in skywe van 1,5 cm gesny

1 ui, gekap

1 groen soetrissie, in klein blokkies gesny (opsioneel)

olie

3 ryp tamaties, ontvel en in stukke gesny

sout en peper

knippie bruinsuiker

goeie skoot

worcestersous

BOLAAG

6 groot aartappels, geskil en gekook

15 ml (1 e) botter

60 ml (¼ k) melk

neutmuskaat

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n oondvaste bak.

  1. Vulsel Braai die boerewors in ’n pan tot gaar en pak in die voorbereide bak.
  2. Braai die ui en soetrissie in bietjie olie tot sag. Voeg die tamaties by en braai effens.
  3. Geur met die sout, peper, suiker en worcestersous. Skep oor die wors.
  4. Bolaag Druk die aartappels fyn, voeg die botter en melk by en meng goed tot daar nie meer klonte is nie. Skep oor die worslaag.
  5. Sprinkel die neutmuskaat oor en bak 30-40 minute tot gaar.