Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 15 min.

10 rooi brandrissies, gekap

10 knoffelhuisies, fyngedruk

2 uie, fyn gekap

400 g tamatiepuree

30 ml (2 e) suiker

15 ml (1 e) vissous

45 ml (3 e) olie

8 varkworse

60 ml (¼ k) water

1.    Gooi die brandrissies, knoffel, uie, tamatiepuree, suiker en vissous in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad.

2.    Plaas ’n pan met olie oor matige hitte, verbruin die worse en roer dan die brandrissiemengsel en water in. Laat prut 5 min. Sit voor saam met brood.

Deur Hope Malau

Foto: Jacques Stander