Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: 40 min.

2 kg kersietamaties

2 takkies vars tiemie

2 takkies vars roosmaryn

2 takkies vars lourier

15 ml (1 e) droë gemengde kruie

3 knoffelhuisies, gekap

12 varkworse

45 ml (3 e) olyfolie

45 ml (3 e) balsemieke asyn

5 ml (1 t) bruinsuiker

sout en peper

1 bal sagte mozzarellakaas, geskeur

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Plaas al die tamaties, kruietakkies, gemengde kruie, knoffel en wors in ’n roosterpan. Bedruip goed met die olyfolie, balsemieke asyn en suiker. Geur met die sout en peper.
  2. Meng en maak seker die worse is bo-op. Sprei die geskeurde kaas oor en plaas 30 min. in die oond. Skud die pan en draai die worse om. Sit nog 10 min. in die oond.

Deur Hope Malau

Foto/video: Misha Jordaan