GENOEG VIR 6 MENSE

Bereiding : 15 min.

Gaarmaaktyd: 20 min.

1 bees- of varkworsie, vleis uit die derm gedruk

15 ml (1 e) olyfolie

1 klein ui, gekap

3 knoffelhuisies, fyn gedruk

2 rooi soetrissies, in blokkies gesny

1 lourierblaar

ruim knippie brandrissievlokkies

2 L (8 k) hoenderaftreksel

2 blikke (410 g elk)

gekapte tamaties

250 g tortellini

375 ml (1½ k) babaspinasie

60 ml (¼ k) gekapte

vars basilieblare

sout en peper na smaak

  1. Rol die worsvleis in balletjies en braai in die verhitte olie tot bruin. Skep uit.
  2. Braai die ui en knoffel sowat 2 minute tot sag in ’n groot kastrol. Voeg die soetrissies by en roerbraai sowat
  3. 3 minute tot sag.
  4. Voeg die lourierblaar, rissievlokkies, aftreksel, tamaties en tortellini by en laat prut tot die pasta gaar is.
  5. Voeg die spinasie en frikkadelletjies by en laat sowat 5 minute prut tot die frikkadelle gaar is. Sprinkel die basilieblare oor en geur met die sout en peper.