Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45 min.

30 ml (2 e) olie

1 rooi-ui, fyn gekap

1 wortel, gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) brandrissiepoeier

2 ml (½ t) paprika

2 ml (½ t) gemengde droë kruie

500 g biefmaalvleis

1 blik (400 g) heel kersietamaties

1 rooi soetrissie, gekap

1 blik (400 g) rooi nierbone

sout en peper

500 ml (2 k) beesvleisaftreksel

GUACAMOLE

3 groen tamaties, afgeskil en ontpit

½ ui, gekap

½ groen soetrissie

1 avokado

45 ml (3 e) olyfolie

sout en peper

VIR VOORSIT

pitabrode

’n hand vol vars koljander, gekap

  1. Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte. Soteer die ui tot sag. Voeg die wortel, knoffel, brandrissiepoeier, paprika en gemengde kruie by en braai tot geurig.
  2. Voeg die maalvleis by en verbruin – breek dit op terwyl dit gaar word. Roer die tamaties en soetrissie in en kook ’n minuut. Roer die nierbone in en geur met sout en peper. Kook 3 minute. Giet die aftreksel in en laat prut ’n halfuur of tot verdik.
  3. Guacamole: Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot glad.
  4. Vir voorsit: Rooster die pitabrode liggies. Garneer die maalvleis met gekapte koljander en sit voor saam met die guacamole en pitabrode.