Bereiding: 5 minute

Kooktyd: 45 minute

Genoeg vir 4 mense

30 ml (2 e) olie

500 g ghoelasj-beesvleis

15 ml (1 e) koekmeelblom

4 selderystingels, fyn gekap

1 ui, gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

1 rooi soetrissie, in blokkies gesny

2 rissies, gekap

5 ml (1 t) fyn komyn

5 ml (1 t) paprika

2 kaneelstokkies

2,5 ml (½ t) rissievlokkies

30 ml (2 e) tamatiepasta

410 g (1 bottel) groente-pastasous

250 ml (1 k) groente-aftreksel

sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 180 ºC. Verhit die olie oor medium hitte in ’n groot kastrol.

Rol die beesvleis in die meel en verbruin bietjie vir bietjie in die warm olie.

Voeg die seldery en ui by en kook 5 minute of tot die ui deursigtig is.

Voeg die knoffel, soetrissie en rissies by en kook 2 minute.

Roer die speserye, kaneelstokkies en rissievlokkies by.

Voeg die tamatiepasta, pastasous en groente-aftreksel by en roer tot goed gemeng.

Verwyder van die plaat en bak 35 minute in die oond of tot die vleis sag is.

Geur met sout en peper. Skep in bakkies en sit voor met jogurt en tortillas.

Volg Huisgenoot op Twitter.