Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

8 hoenderworsies

500 g baba-aartappels

5 ml (1 t) heelkorrelmosterd

5 ml (1 t) appelwynasyn

30 ml (2 e) olie

250 ml (1 k) soetrissiesous

½ rooi-ui, gesny

sout en vars gemaalde peper

1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die worsies op ’n bakplaat en braai 10 minute.

2. Kook die aartappels in soutwater tot sag. Klits die mosterd, asyn en olie saam.

3. Gooi die soetrissiesous oor die gebraaide worsies en roer om seker te maak die worsies is bedek. Sit nog 10 minute in die oond, of tot die sous taai is.

4. Sny die aartappels en plaas in ’n bak. Voeg die mosterdmengsel by.

5. Sit die aartappels saam met die worsies en uieringe voor.

- Hope Malau