Genoeg vir 6-8 mense

Bereiding: 20 minute

Gaarmaaktyd: 1-1½ uur

2 kg lamsrib en -nek, in stukke gesaag

sout en peper na smaak olie

60 ml (¼ k) brandewyn (opsioneel)

5 wonderpeperkorrels

1 kaneelstokkie

6 knoffelhuisies, geskil en fyngemaak

met 10 ml (2 t) sout

10 ml (2 t) fyn gemmer

375 ml (1½ k) witwyn of water

3 groot uie, gesny

1 steel seldery en prei, gekap

1 kg waterblommetjies, goed afgespoel

1-2 brandrissies, ontpit en gekap (opsioneel)

4 lourierblare

15 ml (1 e) droë orego

4 groot aartappels, geskil en in kwarte gesny

5 ml (1 t) neutmuskaat

gerasperde sap en skil van 2 suurlemoene

  1. Geur die vleis met sout en peper. Braai bietjie vir bietjie bruin in verhitte olie in ’n groot kastrol of swartpot. Voeg die
  2. brandewyn (indien gebruik) tydens die verbruiningsproses by.
  3. Voeg die heel speserye, knoffelpasta en gemmer by en roer deur.
  4. Voeg die helfte van die wyn of water by, bedek die kastrol, verlaag die hitte en laat prut sowat 30 minute tot die vleis byna
  5. sag is.
  6. Voeg die uie, seldery, prei en waterblommetjies by. Voeg die brandrissies en lourierblare by en sprinkel die orego oor. Plaas die aartappels bo-op en sprinkel die neutmuskaat en nog sout oor. Bedek en laat prut 30-45 minute tot die aartappels sag is. Voeg nog wyn of water by soos nodig.
  7. Voeg die suurlemoensap en -skil by wanneer die aartappels sag is. Meng deur en geur met nog sout en peper indien nodig. Sit voor saam met rys.