Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

500 g biefmaalvleis

15 ml (1 e) brandrissiepoeier

400 g (1 blik) borlotti-bone, gedreineer

60 ml (¼ k) water

410 g (1 blik) tamatie-en-uiemengsel

1.    Kook die maalvleis en brandrissiepoeier in ’n kastrol oor matige hitte tot die maalvleis verbruin is terwyl jy roer om die vleis te krummel.

2.    Voeg die bone, water en tamatiemengsel by en laat prut 20 minute.

3.    Skep die brandrissie in bakke en sit warm voor. Bedek met cheddarkaas en gekapte sprietuie.

- Hope Malau