Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

½ ui, grof gekap

1 wortel

3 heel knoffelhuisies

½ rooi soetrissie

700 g maalvleis

160 ml (? k) broodkrummels

2,5 ml (½ t) cayennepeper

5 ml (1 t) paprika

5 ml (1 t) droë tiemie

sout en peper

1 eier

Glaseersel

60 ml (¼ k) tamatiesous

45 ml (3 e) worcestersous

’n skeut sterk sous

45 ml (3 e) heuning

Verhit die oond tot 180 °C.

  1. Meng die ui, wortel, knoffel en rooi soetrissie in ’n verwerker. Pols tot die mengsel fyn gekap is, maar nie ’n puree nie.
  2. Meng die groentemengsel, maalvleis, broodkrummels, cayenne, paprika en tiemie. Geur die vleismengsel met sout en peper. Voeg die eier by en meng deeglik, maar moenie die vleis druk nie.
  3. Plaas die mengsel in ’n gesmeerde broodpan. Keer die vleisbrood op die gesmeerde bakplaat uit. Bak 50 min. of tot deurgaar.
  4. Glaseersel: Meng die bestanddele vir die glaseersel. Verf die glaseersel aan die vleisbrood nadat dit sowat 20 min. gebak het.

Deur Hope Malau

Foto: Misha Jordaan