Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

BEET

1 ui, gekap

80 ml (? k) bruinsuiker

60 ml (¼ k) rooiwynasyn

125 ml (½ k) water

knippie kaneel

3 bete, gaar en in blokkies gesny

BURGER

4 ×120 g volstruissteaks

sout en peper

olie vir braai

100 g spekvleisrepe

60 ml (¼ k) wit cheddarkaas

4 rolletjies, gehalveer

1 Beet Meng die ui, suiker, asyn, water en kaneel in ’n kastrol oor matige hitte. Kook 5 minute, voeg die bete by en kook nog 10 minute.

2 Burger Geur die steaks met die sout en peper. Verhit ’n roosterpan oor hoë hitte en braai die steaks 5 minute weerskante in die olie. Sit eenkant om te rus.

3 Sit die spekvleis in die pan en braai tot gaar. Plaas die kaas op die onderste helftes van die rolletjies en voeg dan die warm steak, spekvleis en beet by. Bedek met die boonste helftes van die rolletjies.

- Hope Malau