Genoeg vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 30 minute

KOOL

½ rooikool, versnipper

3 bete, gerasper

1 rooi-ui, gekap

3 appels, gerasper

125 ml (½ k) aarbeikonfyt

80 ml (? k) suiker

80 ml (? k) appelsiderasyn

250 ml (1 k) appelsap

VLEIS

15 ml (1 e) olie

500 g volstruis-ghoelasj-blokkies

3 takkies roosmaryn

sout en vars gemaalde swartpeper

1    Kool Plaas al die bestanddele in ’n pot, bedek en kook 30 minute oor lae hitte of tot die vloeistof verminder. Roer af en toe.

2    Vleis Verhit die olie in ’n pan oor hoë hitte. Verbruin die volstruisblokkies 5 minute. Stroop die roosmarynblare van die takkies af en voeg by die volstruis. Geur met die sout en peper.

3    Sit die vleis saam met die kool voor.

WENK Die kool kan tot drie dae lank in ’n verseëlde fles in die yskas gebêre word.

- Hope Malau