.

Genoeg vir 6 of meer mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 50 min.

500 g streepspek

70 g broodkrummels

60 ml (¼ k) melk

45 ml (3 e) olyfolie

2 uie, in fyn blokkies gesny

3 knoffelhuisies, fyngedruk

3 takkies roosmaryn, gekap

30 ml (2 e) mosterd

400 g varkmaalvleis

400 g volstruismaalvleis

2 eiers

125 ml (½ k) spekvleisstukkies

sout en peper

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 6 klein broodpanne.

  1. Voer die panne met die repe spekvleis uit en sit eenkant. Week die broodkrummels in ’n bak in die melk en sit eenkant. Soteer die uie, knoffel en roosmaryn in ’n geoliede pan en laat heeltemal afkoel.
  2. Meng die afgekoelde uiemengsel in ’n bak saam met die mosterd, vark- en volstruismaalvleis, eiers en spekvleisstukkies. Geur met sout en peper.
  3. Skep die vleismengsel in die panne wat met spekvleis uitgevoer is en druk dit styf vas. Vou die spekvleis oor om die vleismengsel te bedek en bak 40-45 min. in die oond.
  4. Haal die panne uit die oond en laat 5 min. afkoel. Keer die panne uit op ’n gesmeerde bakplaat en bak nog 8-10 min. tot goudkleurig en bros. Haal die plaat uit die oond en laat die vleisbroodjies 15 min. afkoel voor jy dit in skywe sny en voorsit.