’n Vinnige en moeitelose maaltyd wat in die mikrogolf gemaak word.

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaak: 8 minute

500 g beesmaalvleis

125 ml (½ k) broodkrummels

1 eier

60 ml (¼ k) melk

30 ml (2 e) beesstertsoppoeier

45 ml (3 e) tamatiesous

45 ml (3 e) Worcestersous

  1. Meng al die bestanddele met nat hande in ’n bak.
  2. Verdeel in twee ewe groot stukke. Plaas op ’n mikrogolfbestande bak en druk in twee ronde brode.
  3. Bedek met kleefplastiek en kook 8 minute terwyl jy dit halfpad deur die gaarmaaktyd omdraai. Sit voor saam met gemengde blaargroente.

Wenk: Wissel die smaak af deur jou gunsteling-geurmiddels by die vleisbroodmengsel in te voeg, soos uie en kruie.