Genoeg vir 6 mense

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 1 uur  

30 g botter

1 ui, gekap

2 selderystele, gekap

1 wortel, fyn gekap

3 knoffelhuisies, fyngedruk

15 ml (1 e) worcestersous

250 ml (1 k) tamatiesous

250 ml (1 k) sterk blatjang

500 g beesmaalvleis

250 ml (1 k) droë broodkrummels

2 eiers

’n hand vol pietersielie, gekap

sout en vars gemaalde swartpeper

1    Voorverhit die oond tot 180 °C.

2    Verhit die botter in ’n braaipan oor matige hitte en kook die ui, seldery, wortel en knoffel tot die wortel sag is. Roer die souse in.

3    Meng die maalvleis, broodkrummels, eiers, groente en pietersielie in ’n bak en geur met die sout en peper.

4    Skep in ’n groot broodpan en bak 1 uur. Sit voor.

- Hope Malau