Lewer 16 frikkadelle

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

VISFRIKKADELLE

500 g gerookte olierige vis soos snoek, engelvis of geelstert, gevlok en alle graatjies verwyder

3 middelslag-aartappels, geskil,

in klein blokkies gesny en sag gekook

sout en vars gemaalde swartpeper

60 ml (¼ k) koljander, gekap

2 eiers, liggies geklits

30 ml (2 e) suurlemoensap

olie

Meng die vis en aartappels goed.

Geur met sout en swartpeper.

Voeg die koljander en eiers by, geur met suurlemoensap en meng deur.

Vorm sowat 16 groterige viskoekies in die palm van jou hand en plaas dit op ’n bord.

Verkoel sowat 15 minute sodat hulle kan verstewig en nie breek as jy hulle gaarmaak nie.

Giet ’n bietjie olie in ’n verhitte pan en braai die viskoekies ’n paar op ’n slag tot dit alkant bruin is.

Sit voor met appelraita en suurlemoenwiggies.

APPELRAITA

Lewer sowat 250 ml (1 k)

Bereiding: 5 minute

2 groot Granny Smith-appels, geskil en ontkern

250 ml (1 k) mentblaartjies

sonder stele, gewas

knippie sout

1 knoffelhuisie, geskil

klein knippie groen masala

sap van ’n halwe suurlemoen,

sowat 45 ml (3 e)

sowat 60 ml (¼ k) ongegeurde jogurt

Plaas al die bestanddele buitendie jogurt in ’n voedselverwerker en maak fyn.

Roer die jogurt by.