As jy die kerrie wil meer maak, kan jy die klapperroom met klappermelk vervang en jong groente teen die einde van die kooktyd byvoeg.

Lewer 3-4 porsies

30 ml (2 e) olie

5 ml (1 t) mosterdsaadjies

4 hoenderborsies (sonder vel of been), in blokkies gesny

30 ml (2 e) Thaise groen kerriepasta

1 blik (410 g) klapperroom

30 ml (2 e) vissous

5 ml (1 t) suiker of heuning

sout of sojasous na smaak

45 ml (3 e) gesnipperde stingeluie

Verhit die olie en braai die mosterdsaadjies tot dit begin skiet.

Voeg die hoender by en braai ’n paar sekondes.

Voeg die kerriepasta by en braai tot die hoender amper gaar is.

Voeg die klapperroom, vissous, suiker of heuning en sout of sojasous by.

Verhit tot kookpunt en laat prut 5-10 minute. Voeg die stingeluie by en sit voor op gestoomde basmati- of jasmynrys.

Volg Huisgenoot op Twitter.