Genoeg vir 4 porsies

6 hoenderporsies

sout en vars gemaalde swartpeper

20 ml (4 t) olyfolie

10 ml (2 t) garam masala

5 ml (1 t) borrie

5 ml (1 t) fyn komyn

3 ml (½ t) fyn koljander

1 ui

2 knoffelhuisies

1 blik (400 ml) klappermelk

hand vol koljanderblare

Geur die hoender met sout en peper en verhit die helfte van die olyfolie in ’n kastrol.

Braai die porsies tot goudbruin en skep uit.

Verhit die res van die olie en braai die garam masala, borrie, komyn en koljander ’n paar minute.

Kap die ui en knoffelhuisies fyn en braai saam met die speserymengsel.

Skep die hoender terug in die kastrol en bedek dit met die speserymengsel.

Giet die klappermelk by en bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut dit 20-25 minute of tot gaar.

Roer die koljanderblare by en sit voor saam met rys.