Genoeg vir 4 porsies

250 ml (1 k)  basmati-rys

5 ml (1 t) borrie

500 ml (2 k) kookwater

30 ml (2 e) botter

15 ml (1 e) olie

6 porsies hoender (boudjies en dytjies)

sout en vars gemaalde peper

1 groot ui, grof gekap

2 lourierblare

1 klein heel stokkie kaneel

60 ml (¼ k) geelkerriepasta

500 ml (2 k) hoenderaftreksel

45 ml (3 e) vars koljanderblare

30 ml (2 e) gevlokte amandels

Meng die rou rys saam met die borrie in ’n mengbak en bedek met die kookwater.

Roer deur en laat staan vir 15 minute.

Spoel die rys dan af met koue water en hou eenkant tot benodig.

Verhit die helfte van die botter en die olie in ’n dikboomkastrol.

Geur die hoenderporsies met sout en peper en braai tot bruin in die olie en botter.

Verwyder die hoender en hou eenkant.

Braai die ui, lourierblare en kaneelstokkie in dieselfde kastrol saam met die orige botter en olie oor matige hitte tot die ui goudbruin is.

Voeg die kerriepasta by en roer deur.

Plaas die hoender weer terug in die kastrol en braai weer so 10 minute.

Roer nou die rys deur die hoender-en-kerriemengsel en roer die hoenderaftreksel deur.

Verhit die brijani tot kookpunt en laat prut so 10-15 minute of tot die rys en hoender gaar is.

Geur na smaak.

Sit voor saam met vars koljanderblare en gevlokte amandels.

Volg Huisgenoot op Twitter.