Genoeg vir 4-6 mense

Bereiding: 10 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

30 ml (2 e) olyfolie

1 ui, grof gekap

2 knoffelhuisies, fyn gekap

2 blikke (410 g elk) kersietamaties

10 ml (2 t) worcestersous

15 ml (1 e) sagte bruinsuiker

sout en vars gemaalde swartpeper

300 g wors

250 ml (1 k) basilieblare

broodstokkies vir voorsit (opsioneel)

  1. Verhit ’n bietjie olie in ’n kastrol en braai die ui en knoffel sowat ’n minuut.
  2. Voeg die kersietamaties by en bring tot kookpunt. Voeg die worcestersous, sagte bruinsuiker, sout en peper by. Laat prut ’n paar minute tot lekker geurig.
  3. Druk die vleis uit die wors, rol in klein frikkadelle en braai liggies in ’n bietjie olie.
  4. Voeg by die sop, kook liggies deur, garneer met basilieblare en sit voor met broodstokkies indien verkies.