Genoeg vir 4 mense

30 ml (2 e) olie

15 ml (1 e) sesamolie

6-8 hoenderboudjies

sout en vars gemaalde swartpeper

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekap

30 ml (2 e) rooi kerriepasta

15 ml (1 e) tamatiepasta

15 ml (1 e) suiker

250 ml (1 k) koljanderblare, gekap

1 blik (410 g) klappermelk

1. Verhit die olie en braai die hoenderboudjies tot goudbruin. Geur met sout en peper en hou eenkant.

2. Braai die ui en knoffel in dieselfde pan en roer die rooi kerriepasta by. Skep die hoender, tamatiepasta en suiker terug in die pan.

3. Roer tot alles goed gemeng is en sit die helfte van die koljanderblare en klappermelk by.

4. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut 20-30 minute of tot gaar.

5. Sprinkel die res van die koljander oor en sit voor saam met rys of pasta.

Resep: Bernice van der Merwe, Esther Malan en Carmen Petersen

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.