Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 45-50 min.

4 varkneksteaks

SOUS

30 ml (2 e) sojasous

60 ml (¼ k) heuning of

bruinsuiker

125 ml (½ k) water

2 knoffelhuisies, fyngedruk

5 ml (1 t) gerasperde

vars gemmer

VETKOEKE

1 kg winkelbrooddeeg

olie vir diepbraai

VIR VOORSIT

500 ml (2 k) gerasperde kopkool

handvol vars koljanderblare

Voorverhit die oond tot 200 °C.

  1. Pak die steaks teen mekaar in ’n oondbak.
  2. Sous Klits alles saam en giet oor die steaks. Bedek met foelie en bak 45-50 min. tot dit gaar en die vleis sag is. Pluis die vleis rofweg met twee vurke en hou eenkant.
  3. Vetkoeke Rol die deeg liggies uit en sny in blokke. Laat weer rys. Verhit die olie vir diepvetbraai en braai die deegblokke tot
  4. goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier.
  5. Vir voorsit Sny die vetkoeke oop, sit van die kool en koljanderblare in die vetkoeke, gevolg deur van die gepluisde vleis. Drup
  6. van die orige sous oor en sit dadelik voor.