Genoeg vir 6

Bereiding: 15 minute

Staantyd: 40 min

Gaarmaaktyd: 15 min

1 kg meel

5 ml (1 t) sout

15 ml (1 t) suiker

1 pakkie (10 g) gis

30 ml (2 t) olie

750 ml (3 k) warm water

olie vir diepbraai

FRIKKADELLE

200 g biefmaalvleis

½ ui, fyngekap

5 ml (1 t) Cajun-speserymengsel

klein hand vol tiemie of pietersielie, fyngekap

sout en vars gemaalde swartpeper

olie

15 ml (1 t) soetrissiesous

SALSA

½ rooi ui, gesny

1 tamatie, gekap

1 komkommer, gekap (opsioneel)

’n hand vol pietersielie, gekap

5 ml (1 t) asyn

  1. Sif die meel en sout in ’n bak. Voeg die suiker en gis by. Roer in die olie en water en meng tot ’n sagte deeg vorm.
  2. Lê die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bedek is en knie sowat 5 minute tot sag. Plaas in geolie bak, bedek met kleefplastiek en los tot dit dubbel die grootte rys, sowat 30 minute.
  3. Knie deeg op oppervlak wat liggies met meel bedek is tot glad en elasties. Deel in 6-8 stukke en plaas op geolie bakplaat. Bedek en laat staan 10 minute op warm plek of tot dit dubbel in grootte rys.
  4. Verhit olie vir diepbraai in ’n braaipan oor matige hitte en plaas twee hopies deeg liggies in die olie. Bak en draai af en toe tot goudbruin. Verwyder van hitte met gaatjieslepel, dreineer op handdoekpapier en laat afkoel. herhaal met oorblywende deeg.
  5. Frikkadelle: Meng die maalvleis, ui, Cajun-speserymengsel, tiemie, sout en peper. Vorm gholfbalgrootte-balletjies.
  6. Verhit olie in braaipan en vlakbraai die frikkadelle 10 minute en draai af en toe. Voeg die soetrissiesous by die pan en kook tot frikkadelle blink.
  7. Salsa: Meng die rooi ui, tamatie, komkommer (as jy dit gaan gebruik), pietersielie en asyn.
  8. Sny die vetkoek oop en vul dit met frikkadelle en salsa.

- Hope Malau