Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 10 minute

Rustyd: 5 minute

SOUS

2 rooi brandrissies, ontpit en

fyn gekap

100 ml rooiwyn

100 ml port

100 ml vleisaftreksel

25 ml (5 t) rooiwynasyn

50 g botter

100 g donkersjokolade, in blokkies gebreek

sout en vars gemaalde swartpeper

FILET

800 g beesfilet

sout en peper na smaak

30 ml (2 e) olyfolie

VIR VOORSIT

4 vars swartvye (opsioneel)

groentetjips (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 160 °C.

  1. SOUS Kook die rissies, wyn, port, aftreksel en asyn saam tot die vloeistof met die helfte verminder het.
  2. Klits die botter klontjie vir klontjie by.
  3. Roer die sjokolade by tot gesmelt. Geur met sout en peper.
  4. FILET Geur die vleis met sout en peper, verf die olie oor en rooster in ’n rookwarm riffelpan tot bruin buiteom.
  5. Plaas op ’n bakplaat en oondbraai 10-15 minute in die voorverhitte oond. Laat 5 minute rus.
  6. VIR VOORSIT Sny die filet in vier porsies en sit elkeen voor met die brandrissie-sjokoladesous en groentetjips en vars vye indien verkies.