Genoeg vir 6 persone

  • 2 uie, in skywe gesny
  • 4 knoffelhuisies, fyngekap
  • 12 varkworsies
  • 4 pere, in kwarte gesny
  • 45 ml olyfolie
  • 45 ml korrelmosterd
  • 250 ml appelsap
  • 3 takkies tiemie, fyngekap
  • sout en vars gemaalde swartpeper

Verhit die oond tot 200 °C.

  1. Plaas die uie en knoffel in die oond se roosterpan.
  2. Pak die worsies en pere bo-op.
  3. Meng die olyfolie, mosterd, appelsap en tiemie saam.
  4. Gooi oor die worsies. Geur goed met sout en peper.
  5. Plaas in die warm oond en bak 20-25 minute of tot die wors goudbruin en gaar is. Sit warm voor.

Wenk: As jy voel jy wil graag stysel by die worsies eet, kan jy klein baba-aartappels halveer en dit saam met die worsies bak.

Hierdie resep kom uit Herman Lensing se boek, VOORSKOOT. Bestel dit hier

voorskoot