Lewer 6 porsies.

10 ml (2 t) olie

250 g varkworsies

1 ui, in dun wiggies gesny

1 groen en rooi soetrissie, in repies gesny

2 knoffelhuisies, fyngedruk

310 ml (1¼ k) rou witrys

810 ml hoenderaftreksel

375 ml (1½ k) gemengde bevrore groente

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

sap en fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen

45 ml (3 e) gekapte vars pietersielie

Verhit die olie en braai die varkworsies tot goudbruin en net gaar.

Skep uit en sny in hapgrootte-stukkies.

Braai die ui, soetrissies en knoffel in die uitgebraaide vet in dieselfde kastrol tot sag.

Voeg die rys by en braai 1-2 minute. Voeg die hoenderaftreksel by, roer deur en verhit tot kookpunt.

Bedek en laat prut 20 minute.

Haal die deksel af, voeg die bevrore groente en gebraaide wors by en roer deur.

Bedek weer en laat prut verder tot die vloeistof geabsorbeer is.

Geur na smaak en roer die suurlemoenskil en -sap en pietersielie deur.

Foto: Misha Miles

Volg Huisgenoot op Twitter.