LEWER 6 HAMBURGERS

Bereiding: 20 min.

Verkoeltyd: 20 min.

Gaarmaaktyd: 2 min. in pan, 10 min. inoond

VLEISKOEKIES

4 varkworsies, vleis uit die derm gedruk

1 ui, gekap

2 wortels, fyn gerasper

10 ml (2 t) tiemieblaartjies

1 5 ml (1 e) blatjang

sout en peper na smaak

HAMBURGER

6 hamburgerbroodrolletjies, gehalveer

paar jong spinasieblare

2 piesangs, in die lengte in die helfte deurgesny

soetbrandrissiesous koljanderblare vir oorsprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Vleiskoekies Meng al die bestanddele vir die vleiskoekies liggies maar deeglik en vorm 6 koekies. Laat 20 minute verkoel.
  2. Braai in ’n verhitte pan tot alkant bruin, sit op ’n bakplaat en bak nog sowat 10 minute in die oond tot gaar. Hamburger Rooster die broodrolletjies liggies indien verkies.
  3. Pak spinasieblare op elke broodrolletjie.
  4. Plaas die vleiskoekie bo-op en pak piesangskywe bo-op.
  5. Giet die brandrissiesous oor en sprinkel die koljanderblare oor.