Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 10 min.

Gaarmaak: 15 min.

30 ml (2 e) olie

500g varkworsies, in skywe gesny

1 groot ui, gekap

3 knoffelhuisies, gekap

1 blik (400 g) heel kersietamaties

125 ml (½ k) hoenderaftreksel

1 takkie vars tiemie

2 blikke (400 g elk) gemengde bone

sout en peper

’n hand vol vars pietersielie, gekap

croutons vir voorsit (sien onder)

  1. Verhit die olie in ’n pot en braai die worsskywe tot egalig goudkleurig. Sit eenkant en hou warm.
  2. Soteer die ui en knoffel in dieselfde pot tot sag. Voeg nog ’n bietjie olie by, indien nodig.
  3. Voeg die tamaties, aftreksel en tiemie by en kook sowat 5 minute.
  4. Voeg die bone en worsies by en maak deurwarm.
  5. Geur met sout en peper, indien nodig.
  6. Sit voor met die gekapte pietersielie en croutons.

So maak jy croutons

Voorverhit die oond tot 180 °C. Sny brood in groot blokke en geur met sout en peper. Sprei op ’n bakplaat uit en strooi olie oor. Voeg twee fyngedrukte knoffelhuisies by. Bak 8 minute of tot goudkleurig.