Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

100 g botter

15 ml (3 e) olie

1 ui, in blokkies gesny

3 knoffelhuisies, fyn gekap

5 ml (1 t) anyssaad

8 varkworsies, gehalveer

80 ml (1/3 k) vars tiemie

4 gaar aartappels, in stukke gesny

200 g babaspinasie

sout en peper

  1. Verhit die botter en olie in ’n pan. Braai die ui en knoffel daarin tot die ui deursigtig is.
  2. Voeg die anyssaad by en braai sowat 3 minute.
  3. Voeg die worsies by en braai tot gaar.
  4. Voeg die vars tiemie en aartappel by en braai sowat 5 minute tot warm.
  5. Voeg die spinasie by en meng deur. Verhit tot die spinasie effens verlep het.
  6. Geur met sout en peper indien nodig en sit voor.