Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

100 g botter

15 ml (3 e) olie

1 ui, in blokkies gesny

3 knoffelhuisies, fyn gekap

5 ml (1 t) anyssaad

8 varkworsies, gehalveer

80 ml vars tiemie

4 gaar aartappels, in stukke gesny

200 g babaspinasie

sout en peper

Verhit die botter en olie in ’n pan.

Braai die ui en knoffel daarin tot die ui deursigtig is.

Voeg die anys by en braai sowat 3 minute.

Voeg die worsies by en braai tot gaar.

Voeg die vars tiemie en aartappel by en braai 5 minute tot warm.

Voeg die spinasie by en meng deur.

Verhit tot effe verlep.

Geur met sout en peper indien nodig en sit voor.

Sit voor saam met Uiemarmelade (sien resep onder).

Wenk: Vervang die varkworsies met kaasworsies, chorizo of selfs boerewors.

UIEMARMELADE

Sny ’n ui in ringe en sprinkel 60 ml (¼ k) bruinsuiker oor.

Braai tot effe gekaramelliseer. Voeg 80 ml bruinasyn en ’n knypie mosterd by.

Kook af tot die vloeistof verdamp het.

Volg Huisgenoot op Twitter: http://www.twitter.com/huisgenoot