Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 5 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

30 ml (2 e) olie

250 g varkfilet, in skywe gesny

sout en peper

2 ml (½ t) karwysaad

2 ml (½ t) koljandersaad

2 ml (½ t) komynsaad

3 heel naeltjies

250 ml (1 k) klappermelk

2 knoffelhuisies, gekap

1 groen brandrissies, gekap

10 g vars koljanderblare

PATAT

250 g patats, in blokkies gesny

1 blik (400 ml) klappermelk

sout en peper

30 g babaspinasie

1 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die vark tot bruin en sag. Sit eenkant.

2 Gooi die karwy-, koljander-, komynsaad en naeltjies in dieselfde pan en verhit tot geurig. Haal dit uit die pan, sit dit in ’n meul en maal.

3 Gooi die speserye terug in die pan. Voeg die kokosmelk, knoffel en brandrissie by en laat prut tot verdik.

4 Roer die koljander in en skep die sous oor die vleis.

Patat: Kook die patat in die kokosmelk tot gaar en geur met sout en peper. Roer die spinasie by en sit voor saam met die vark.

- Hope Malau