Bedien 4

300 – 500 g varkvleis in repies gesny

Sout en peper

125 ml meel

15 g botter

15 ml olyfolie

1 gekapte ui

2 gekapte knoffelhuisies

1 rooi gekapte rissie (opsioneel)

2 blikkies (van 410 g elk) opgekapte tamaties

Vars gekapte basielkruid en pietersielie

Gekookte pasta of rys

1.    Geur die varkvleis met sout en peper en bedek liggies met meel oor die blokkies.

2.    Verhit die botter en die helfte van die olie in ’n pan en braai ’n paar blokkies op ’n slag, sit dit eenkant en bak dan die res.

3.    Verhit die res van die olie en braai die ui, knoffel en rissie. Voeg die tamaties by en laat kook oor lae hitte vir 5 – 10 min.

4.    Voeg die gebraaide vark en die vars gekapte kruie by en laat dit kook, geur vir smaak en bedien met pasta of rys.

Foto: David Briers

Volg Huisgenoot op Twitter.