Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

400 g baba-aartappels

200 g sagtesteel-broccoli

1 rooi ui, in skywe gesny

15 ml (1 e) olie

60 ml (¼ k) versplinterde neute

sout en peper

VARKTJOPS

4 varktjops

SOUS

15 ml (1 e) botter

1 ui, gekap

200 g sampioene, in skywe gesny

1 knoffelhuisie, gekap

5 ml (1 t) meel

45 ml (3 e) water

1.    Voorverhit die oond tot 200 °C.

2.    Plaas die aartappels, broccoli en uieskywe op ’n bakplaat en bedruip met die olie. Bak 25 minute en voeg die neute tydens die laaste 5 minute by.

3.    Varktjops: Maak intussen die tjops gaar en hou hulle warm.

4.    Sous: Smelt die botter in ’n pan oor matige hitte en soteer die ui tot sag. Voeg die sampioene by en verhoog die hitte. Voeg die meel by terwyl jy roer tot dit goed met die bestanddele in die pan gemeng is. Gooi die water in en roer tot ’n gladde sous.

5.    Voeg die gaar aartappels en broccoli by die sampioensous en sit dit saam met die varktjops voor.