Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 25-30 minUTE

Gaarmaaktyd: 20-30 minUTE

Staantyd: oornag

4 (100 g elk) vark-lendetjops

MARINADE

125 ml (½ k) warm water

80 ml (¹/³ k) tamatiepuree

80 ml (¹/³ k) appelmoes

60 ml (¼ k) sojasous

30 ml (2 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) heuning

2 ml (½ t) sout

2 ml (½ t) fyn swartpeper

2 ml (½ t) fyn gemmer

45 ml (3 e) kanola-olie

SLAAI

4 heelgraantortillas (20 cm in deursnee)

’n paar cos-blare

2 pruimtamaties, pitte verwyder en

gekap

1 grasui, gekap

5-10 ml (2 t) gerasperde pecorinokaas

AVOKADO -SLAAISOUS

1 avokado, ontpit en fyn gedruk

125 ml (½ k) natuurlike laevet-jogurt

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

2 ml (½ t) brandrissiepoeier

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. Sny die vet van die varktjops af en maak die been heeltemal skoon tot by die vleisdeel.
  2. MARINADE Meng al die bestanddele saam, laat afkoel en marineer die tjops oornag daarin.
  3. Braai die tjops op die kole of in ’n goed verhitte gietysterpan tot net gaar, maar nie droog nie. Smeer ruimskoots van die marinade oor terwyl
  4. jy braai.
  5. SLAAI Pak die tortillas op ’n bakplaat en rooster in die verhitte oond tot bros. Laat effens afkoel en breek in stukke.
  6. Versprei al die vars bestanddele vir die slaai op ’n opdienbord.
  7. SLAAISOUS Pols al die bestanddele vir die slaaisous saam in ’n voedselverwerker.
  8. Giet die sous oor die slaai, sprinkel die tortilla-stukkies en kaas oor en sit voor saam met die tjops.