4 varktjops

15 ml (1 e) gemengde kruie

sout en peper

30 ml (2 e) olyfolie

15 ml (1 e) botter

2 pere, geskil en in skywe gesny

10 ml (2 t) suiker

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Geur die tjops met die kruie, sout, peper en olyfolie.
  2. Braai in ’n ysterpan tot geskroei.
  3. Verhit die botter en braai die peerskywe en suiker tot effens gekaramelliseer.
  4. Pak die tjops op ’n bakplaat en verdeel die pere tussen die tjops. Rooster in die oond tot gaar.