Genoeg vir 4 mense

Bereiding: 15 min.

staantyd: 15 min.

Gaarmaaktyd: 25 min.

Vleis

4 varknektjops, 2 cm dik

gekapte salie- en roosmarynblaartjies

olyfolie

sout en peper

Sous

30 g botter

1 ui, gekap

1 knoffelhuisie, fyn gedruk

125 ml (½ k) droë witwyn

30 ml (2 e) koekmeel

sout en peper

250 ml (1 k) room

60 ml (¼ k) gerasperde parmesaankaas

  1. Vleis Pak die vleis in ’n nie-metaalbak en sprinkel die salie, roosmaryn en olie oor. Laat sowat 15 minute staan en geur met die sout en peper.
  2. Braai 15-20 minute op warm kole tot net gaar. Draai gereeld.
  3. Sous Smelt die botter en braai die ui en knoffel tot sag. Voeg die witwyn by en laat kook. Maak die meel met ’n bietjie water aan en roer by die sous tot dit verdik het. Geur met sout en peper en voeg die room by. Laat kook tot geurig en dik. Roer die parmesaankaas by en roer tot gesmelt.
  4. Giet die sous oor die tjops net voor dit voorgesit word.